Atletiek
Ons probeer aan soveel byeenkomste moontlik deelneem in die eerste kwartaal . Die 0/7 – 0/13-leerders neem deel aan die uitnodigingbyeenkomste van die kwartaal.
Dan is daar die sone-byeenkomste vir 0/10-0/13.
In die vierde kwartaal word die TOP 12-Prestige Byeenkoms deur ons aangebied waar ongeveer 24 uitgenooide skole deelneem.
In die eerste kwartaal het ons die Interskole byeenkoms tussen De Hoop, Beaumont en Lochnerhof. Die skole maak beurte om die byeenkoms aan te bied.

Rugby
Ons beoefen rugby van 0/7 tot 0/13. Ons konsentreer veral op die nodige vaardighede van die spel en ook om die spel te geniet. Ons glo ook dat elke leerder wat rugby beoefen deur die jaar ‘n geleentheid moet kry om ‘n wedstryd te speel. Ons fokus op deelname en ook dat die leerder ontwikkel t.o.v spansituasies.
Ons neem jaarliks aan groot toernooie deel, soos byvoorbeeld Marlow. Daar is ook elke tweede jaar ‘n 0/13-sporttoer na Gauteng waar daar vriendskaplike bande met skole gesmee word.
Lochnerhof het ‘n trotse rugbygeskiedenis en verskeie Lochies word elke jaar gekies vir provinsiale spanne waar hulle Lochernof se naam hoog hou.

Netbal
Afrigters
Ons skool het 19 afrigters wat gereeld netbalkursusse en reëlbesprekings bywoon. Meeste van die dames is gegradeer as skeidsregters.
Spanne
Ons skool spog met 34 spanne wat ingeskryf word in die A- liga vanaf O/7 tot O/13. Proewe word jaarliks aan die einde van die eerste kwartaal gehou.
Afrigting
Ons oefen 2 keer ‘n week vir 60 - 90 min. Daar word gefokus op balvaardighede, fiksheid en spanspel.
Toere
Daar word gepoog om die eerste netbalspan op ‘n jaarlike toer te stuur. Die O/12-spanne kry ook die geleentheid om soms te toer om gereed te maak vir 0/13.
WP kleure
Ons het jaarliks ons O/11, 0/12 en O/13 dogters wat deelneem aan die WP-proewe.

Tennis
Tennis word vanaf Gr. 1-7 beoefen by Lochnerhof. In Gr. 1 word baie gekonsentreer op hand-oog-koördinasie en balvaardighede. Vanaf Gr. 2 word die spelers in verskillende groepe verdeel volgens hul vordering.
Zone Tennis is buiteafrigters wat help met die afrigting van Gr. 2 en Gr. 3 spelers om die voederspanne te versterk. Hulle is ook betrokke in afrigting van die 0/11- en die O/13-spanspelers. Onderwysers by die skool is ook betrokke by die afrigting van verskillende groepe.
Verskeie spanne is ingeskryf in die liga wat elke Donderdag aan wedstryde deelneem. Hier kry die spelers blootstelling en ontwikkel hulle hul vaardighede in tennis.

Krieket
By Lochnerhof het ons ‘n groot passie vir krieket. Ons poog dat soveel as moontlik kinders deelneem aan hierdie sport. Krieket is een van ons somersporte en word in kwartale een en vier beoefen.
0/7 – 0/9
Krieketwedstryde, waar baie opwindende wedstryde gespeel word, vind elke Woensdag plaas. Die leerders hoef geen toerusting saam te bring nie, maar net ’n hoed en genoeg sonbrandolie vir die warm dae op die krieketveld.
0/9-Krieket kry blootstelling aan “harde bal”-krieket. Die leerders oefen elke Donderdag met harde balle tydens die oefeninge waar daar geleer word om met volle kriekettoerusting te speel. In die 4de kwartaal word daar ook ’n hardebalwedstryd gereël.
0/11 – 0/13
Wedstryde is waar die manne van die muise geskei word. Kompetisie is taai teen ons buurskole, bv. Somerset House, De Hoop, Beaumont, Hendrik Louw, Gordonsbaai, Somerset College, ens. Enige leerder kan kom oefen (ons spog met ’n paar meisies ook in sommige spanne) en die skool bied toerusting vir die leerders. Leerders mag hulle eie “kit” ook bring na oefeninge en wedstryde. Meisies is welkom om saam met die seuns te kom oefen en wedstryde te speel.
Die o/11’s en 0/13’s sien uit na “sixes”-toernooie wat in die 4de kwartaal gehou gaan word, asook ons jaarlikse Lochies Pro 10-toernooi, waar leerders in die skool ‘n geleentheid kry om teen mekaar te kompeteer.
Vir meer inligting kontak Mnr. Clarke by sclarke@lochnerhof.co.za

Hokkie
Hokkie is die grootste sport by die skool omdat beide dogters en seuns daaraan kan deelneem.
Dit sorg vir die ontwikkeling van die totale kind, omdat verskeie vaardighede aangeleer word.
Hier leer ons spangees, samewerking en uithouvermoë.
Basiese vaardighede word tydens oefeninge aangeleer.
Spelers kry geleentheid om liga-wedstryde en vriendskaplike wedstryde te speel. Hul kry ook geleentheid om aan toernooie en sportdae deel te neem.