Skoolgeld 2023
Die begrotingsvergadering vir 2023 is op 27 September 2022 gehou en die skoolgelde is vasgestel soos volg:
GRAAD R TOT GRAAD 7
- Skoolgelde is vasgestel as R19 800-00 en is vooraf betaalbaar.
- Die skoolgelde kan egter afbetaal word oor 11 maande in maandelikse paaiemente van R1 800-00 elk (Januarie – November 2023).
- Indien u die volle jaarlikse skoolgeld betaal voor/op 31 Januarie 2023, ontvang u korting van 7,5% (R1 485-00) = bedrag betaalbaar R18 315-00.
GRAAD RR
- Skoolgelde is vasgestel as R21 450-00 en is vooraf betaalbaar.
- Die skoolgelde kan egter afbetaal word oor 11 maande in maandelikse paaiemente van R1 950-00 elk (Januarie – November 2023).
- Indien u die volle jaarlikse skoolgeld betaal voor/op 31 Januarie 2023, ontvang u korting van 7,5% (R1 608-75) = bedrag betaalbaar R19 841-25.
Die skoolgeld is betaalbaar in ooreenstemming met die bepalings van Artikel 38 en 39(1) van die Suid-Afrikaanse Skolewet.
Alle ouers moet skoolgeld betaal, tensy daar vooraf (vanaf 25 Januarie 2023 en nie later as 28 Februarie 2023) by die Beheerliggaam aansoek gedoen is vir volle, gedeeltelike of voorwaardelike kwytskelding van skoolgeld.
Die volledige prosedure wat gevolg moet word vir sodanige aansoek is vanaf 30 November 2020 by die skool beskikbaar (mev. Chanté Mostert finansies@lochnerhof.co.za en mev. Tania Clark info@lochnerhof.co.za).
Die proses vir invordering van agterstallige of uitstaande skoolgelde word herbevestig en dit sluit in die oorhandiging aan prokureurs en swartlysting asook siviele sake teen ouers.
Die skool se bankbesonderhede indien u ‘n elektroniese oorbetaling wil maak: ABSA, Strand, Rekeningnommer: 420 490 003. U kind se Rekening Nr./Naam, Van en Graad as verwysing asb.
Vriendelike groete
MARIUS STENEKAMP
VOORSITTER: BEHEERLIGGAAM