As gevolg van die groot leerlingtal van die Laerskool Hendrik Louw, Strand, in die vroeë vyftigerjare, is daar besluit om ondersoek te doen na die stigting van ‘n nuwe skool. Gedurende 1955 stel die Departement van Onderwys die Skoolraad van Stellenbosch in kennis dat die Metodiste Kerkskool aangekoop is en dat dit tot beskikking is vir die stigting van ‘n nuwe skool.
Alhoewel die geriewe van hierdie ter stigte skool gebrekkig was, het die Departement van Onderwys belowe dat die geriewe verbeter sou word.