Kore
Junior Koor onder leiding van Rina Goldberg.
Senior Koor onder leiding van Rina Goldberg.
Ons Junior en Senior kore tree by verskeie geleenthede op gedurende die jaar. Die Junior koor bestaan uit graad 1 tot graad 3-leerlinge terwyl die senior koor bestaan uit leerders van graad 4 tot graad 7.
Daar is groot belangstelling in die kore en ons probeer om soveel moontlik leerlinge die geleentheid te bied om te kan deelneem en op te tree.

Eisteddfod
Junior Eisteddfod (Woordkuns)
Uit elke graad word ‘n paar leerders volgens hulle bekwaamheid geïdentifiseer om deel te neem aan die Helderberg en Stellenbosch Eisteddfod en word dan afgerig deur personeel. Dit vind gewoonlik vroeg in die 3de kwartaal plaas.
Senior Eisteddfod
- Stellenbosch Eisteddfod

Redenaars
Elke kwartaal word daar by ons ‘n Prettenaarskompetisie gehou. Hier kry leerders van die Grondslagfase asook die Intermediêre- en Senior fase die geleentheid om hul talente as sprekers te ontwikkel.
Ons skool neem ook elke jaar deel aan die ATKV-redenaarskompetisie. Ons redenaars presteer baie goed by hierdie kompetisies.
Daar word aan van die volgende kompetisies ook deelgeneem:
– Radikale Redenaars
– Oppitongaf-kompetisie
Redenaars by Lochnerhof gee aan kinders die geleentheid om te leer hoe om met selfvertroue voor ‘n gehoor te praat en ook hoe om hul opinie oor te dra aan ander.

Musiekonderrig
Laerskool Lochnerhof se musiekdepartement se privaat musiekleerkragte gee klavier- en blokfluitonderrig aan ongeveer sestig leerders. Ons streef daarna om elke kind se talent te slyp en te help ontwikkel sodat hy of sy sover as moontlik kan vorder.
Optreegeleenthede sluit die volgende in: ‘n jaarlikse musiekkonsert waaraan almal deelneem, items by redenaarsaande en ander skoolfunksies, tehuise vir bejaardes, Stellenbosch Kunswedstryd, Helderberg Eisteddfod en Unisa-eksamens. Ons het ook ‘n blokfluitensemble.
Vir die afgelope dertien jaar wen van ons leerders jaarliks bekers en sertifikate by eisteddfods en is ons gemiddelde persentasie by Unisa bokant 80%. Leerders kom ook gereeld op Unisa se ererol, d.w.s. hulle kry 90% of meer.
Al die graad 1 en graad 2 leerders kry aan die einde van elke jaar die geleentheid om vir musiekonderrig getoets te word. Nuwe leerders wat van ander skole kom en belangstel om musiek te neem, moet ‘n aansoekvorm by die musiekpersoneel aanvra.

Sêr
Laerskool lochnerhof het 2 Sêr-groepe: ‘n Junior groep vir Gr.2 en 3 onder leiding van juffrou Bea le Roux en ‘n Senior groep onder leiding van Jeanne-Mari Kotzé
Grondslagfase Kinderkultuur
Stel u kind belang in toneelspel? Hier is Lochies se kans om hulle vaardighede in teaterspel te ontwikkel. Die doel van die klub is om leerders aan drama en teater, asook dit wat agter die skerms is, bloot te stel.
Oefentye word gebruik om aan teatertegnieke en ‘n toneelstuk te werk.
Oudisies vind vroeg in die eerste kwartaal plaas.

Anker-TV
Dit is ons eie aanlynplatform vir alle Intersenfase Kultuuraktiwiteite.
Skakel in op ons Anker- TV Facebookblad vir skootstories, nuusberigte, vermaak, ens.

Foto- en videografie
‘n Klein groepie leerders word gekies as fotograwe en videograwe nadat hulle aansoek gedien het en ‘n keuringsproses geslaag het. (Gr. 6-7).
Kultuuruur (Intersenfase)
Is jy lief vir drama? Hou jy daarvan om voor ander op te tree? Of is jy skaam en wil jy jou selfvertroue verbeter? Dan is Kultuuruur vir jou!
By die Kultuuruur doen ons Drama, Spreekkoor, gedigte, prosa, ens. Ons beplan ook ‘n opwindende vertoning vir elke kwartaal en ons mikpunt is om elkeen ‘n optreegeleentheid te gee.

Debat
Ons debatgroep bestaan uit Gr. 6-7-leerders wat sorgvuldig gekies is op grond van hul vermoë om geldige argumente te ontwikkel en te kan redeneer oor relevante onderwerpe.
Die Ankertjie
Die Ankertjie bestaan uit 8 nuushonde in Gr. 6 en 7 wat belangrike gebeure uitsnuffel en dit op ons Anker-kanaal uitsaai.