Die Grondslagfase is die basis van u kind se toekoms. By Lochnerhof streef ons daarna om al ons kinders sterk individue te maak wat op alle gebiede hulle beste gee.
Ons bied die volgende aan:
- Skaak vir graad 1 en 2.
- LAB4J (Lab vir Jesus) waar ouers die kinders op ‘n geestelike vlak hanteer.
- Rekenaars waar die leerders meer blootstelling en vaslegging in Wiskunde ontvang (Cami).
- Leesmammas wat weekliks vir ons kinders ‘n storie kom lees of vertel.
- Ekstra klasse wat deur die onderwyseresse aan kinders gebied word wat ekstra vaslegging benodig.
- Remediëring deur ‘n kundige vir leerders wat akademiese ondersteuning nodig het.
- Biblioteek waar stories lewendig word en lees lekker is.
- Xhosa word in al drie die fases bekendgestel.
Leerders kry ook die geleentheid om aan Conquesta (eksterne evaluering) deel te neem. Die sistemiese evaluering word elke jaar deur die graad 3-leerders geskryf. - STEM
Die Grondslagfase konsentreer op positiewe motivering en die vaslegging van Lochie-waardes.