Pak jou tasse en reis die wêreld plat saam met ons in 2022. Ons hoop jou paspoort is gereed om al die wonderlike bestemmings te mag binnegaan wat die Lochnerhof Passasierskip vir jou op sy reis gaan bied.
Op hierdie reis sal jy vanjaar blootgestel woord aan die ROTSVAS-waardes sodat jy jou bestemming veilig kan bereik.
Op ons reis is ons eenders, maar tog anders. Een ding wat ons saambind, is om ‘n trotse Lochie te wees wat veilig geanker is in die Lochnerhof Hawe.
As Kaptein van die Lochnerhof Passasierskip nooi ek elkeen uit om vanjaar se reis saam met ons te leef en te geniet.
“ ’n Skip in ‘n hawe is veilig, maar dit nie waarvoor skepe gebou is nie.” (John Shedd)
Is jy gereed om jou reis te leef?
Van jul Kaptein, Marius Botha